Gebruik die Metafore in die Bybel om jou preek meer treffend te maak:
1.Jesus as seep – teksvers Maleagi 3:2
Sny seep in klein blokkies en deel vir elke persoon in diens uit. Die seep kan in toebroodjie-plastiek of toebroodjie-papier toegedraai word.
2. Die gelowige as spieelbeeld – teksvers 2 Kor 3:18
Deel ‘n klein spieeltjie aan elke persoon in die diens uit. Die spieeltjies kan gekry word deur velle mosaiekteels (dit moet spieel-blokkies wees) uitmekaar te sny. ‘n Mens kan ook klein blokkies spieels by ‘n glaswinkel bestel.
3. Die Heilige Gees as waarborg – teksvers Ef 1:14
‘n Mens kan ‘n strykyster en ander items, soos ‘n boor saambring en die mense vra om die strokie of waarborg te kom soek op die boks.
4. God as anker – teksvers Heb 6:19
Stel ‘n klein tent op, maar moenie die ankerpenne plant nie. Gebruik ‘n groterige waaier om die tent te laat skuif. Gebruik nou die ankerpenne aan ‘n gewig om te wys dat die tent nie meer skuif nie, as gevolg van die ankerpenne.